Nuut.
B Format.
So groot soos twee perde.
Oë soos gloeiende vuurballe.
Lang, vlymskerp kloue.
Hier kom die Ickabog...
Die koninkryk van Kornukopië was eens op 'n tyd die gelukkigste plek in die hele wêreld. Daar was volop goud, 'n koning met die windmakerigste snor wat jy jou kan indink, en slagters, bakkers en kaasmakers wie se heerlike kosse mense laat huil het van genot wanneer hulle dit eet. Alles was perfek - behalwe die modderige, mistige Moerasland in die noorde, wat volgens legende die blyplek was van die monsteragtige Ickabog. Enigiemand met gesonde verstand het geweet dat die Ickabog net 'n mite was om kinders bang to maak sodat hulle hul moet gedra. Maar mites is vreemd, want hulle kry somtyds 'n lewe van hulle eie.
Kan 'n mite 'n geliefde koning onttroon? Kan dit 'n eens vooruitstrewende land op sy knieë dwing? Kan 'n mite twee kinders dompel in 'n avontuur waarvoor hulle nie gevra het nie, en wat hulle ook nooit verwag het nie?
As jy dapper genoeg is, lees hierdie boek en raak verlore in 'n asemrowende nuwe sprokie oor die mag van die waarheid, hoop en vriendskap om alles te oorkom, deur een van die wêreld se voorste storievertellers.